Die mineurburger en sy imposante stem, maar ook sy verbleikte kraag

Wemar Strydom

 

 

Laura Moss (2006:85) lewer krities kommentaar op Krog se werkswyse in Country of my skull (1998) deur te wys op haar neiging om, aldus Moss, óf individuele getuienisse tot nasionale allegorieë te omvorm óf  getuienisse slegs as agtergrond vir haar eie emosionele reis as verslaggewer te gebruik: “Both become a concern in the consideration of the ways in which the text has been taken up internationally as a documentary record of the apartheid era and as representative text of the ‘new South Africa’.” 

Tog lê veel van die teks se potensialiteit juis opgesluit in hierdie wisselwerking tussen getuienis lewer oor en getuie wees tot – en hoe eers Krog, dan die leser, dan bekende personaes uit Suid-Afrika se donker-wit verlede, dan weer die leser – geroep word tot getuienis/as getuie tot. 

En hoe verder ons wegbeweeg van die publikasie van Country of my skull en die 1990’s as spildekade, hoe belangriker word dit om die eie aanknopingspunte tot die narratief steeds onder die loep te hou, veral in ’n era van indringende identiteits- en subjekposisionering. Ons kan, miskien, vra wat die  produktiewe waarde daarvan is om dié teks (weer, en dan weer en weer) te lees eksplisiet vanuit die subjekposisie van wit dog Suid-Afrikaanse, manlik-cisgender en gay en dalk queer subjek. Wat ontketen dit in hierdie leser om Krog se “smiling, borselkop” (5, kursifering in oorspronklike) broers, byvoorbeeld, te ‘lees’ in die hans wyse waarop hul nie net met alle mening en mag téén die narratief van nasiebou inbeur nie, maar ook as inherent on-produktief ingeklee word? (“Hendrik touches the knuckles of his  right hand lightly. They are swollen. ‘Do you hit them?’ I ask, numb. / Hendrik nods.” 12) 

Dit voel belangrik dat Hendrik stilbly, nie in/deur taal antwoord nie, maar dat sy liggaam – geswelde kneukels, ’n kopknik – die getuienislewering vir hom moet doen.

**

Maar dalk lê die smiling, borselkop broers net te naby (ek is nie ’n Hendrik nie, maar wel ’n boet, ’n boeta, en so nou en dan selfs, ’n ai, boetie). Hoe gemaak wanneer die manlike leser, selfs een wat pens-en-pootjies vassit binne ’n empatiese bewussyn van die vergrepestroom en -kolk van die verlede, aanknopingspunte soek deur die resepsionele verhouding te sien as onlosmaaklik déél van die kader van manlike liggaamlikheid? 

** 

Moet dalk nie vir my studente sê nie, maar alles wat jy hoef te weet oor Country of my skull lê opgesluit in die drie openingsparagrawe van die eerste hoofstuk, “They never wept, the men of my race”.

Die eerste paragraaf aktiveer metonimies – in harige vuiste en swaar voorarms – die Afrikaner-manlike leser se intieme kennis van borselkopboetie-wees/Hendrik-wees: Kineties-dinamies beskryf Krog hoe drie wit Sierras verby die Parlementsgebou se gietysterhekke bulder, toeters wat dralend blaas, met liggaamsdele wat by die vensters uitswaai: “Heavy, ham-like forearms bulge through the open windows – honking, waving old Free State and Transvaal flags. Hairy fists in the air.” (1)  

Onmiddelik daarna, in die tweede paragraaf, swaai die toonaard om tot aandadigheidsbesef, eers verdoesel, maar dan met dringendheid in Krog se belysting:  

Bellington Mampe … Looksmart Ngudle … Suliman Salojee … Solomon Modipane … James  Lenkoe … A slow litany of names, read out into the quiet hall. The names of one hundred  and twenty people who died in police custody. Imam Abdullah Haroon … Alpheus Maliba … Ahmed Timol … Steve Bantu Biko … Neil Aggett … Nicodemus Kgoathe […] name upon  name upon name. They fall like chimes into the silence. Journalists stop taking notes, commit tee members put down their pens […] (1) 

Die klankmatige as aandadigheidsvektor word geaktiveer: Die toeters en bulder word verplaas deur stilte; ná die anonimiteit van harige arms en wit vuiste, die benaming van slagoffers wat in polisieaan houding gesterf het. (En lees gerus weer Country of my skull en dink aan George Floyd, Breonna Taylor, Kawaski Trawick, Tamir Rice, Michael Brown, Eric Garner, Mannie Ellis, Layleen Xtravaganza Cubilette Polanco, Nina Pop en die aanhoudende “slow litany of names” in 2020.) 

In die derde paragraaf maak Krog se troefkaartkarikatuur op meevoerende wyse sy verskyning, met klank en liggaam in samewerking: Eugène Ney Terre’Blanche, die vors van Ventersdorp: 

The double doors snap open. The marching crunch of the black-clad Ystergarde – even on  the carpet their boots make a noise. The Iron Guard, elite corps of the Afrikaner Weerstands beweging. Black balaclavas worn like caps, ready to be rolled down over the faces. Three armed swastikas on the sleeves. Then, dressed in ordinary khaki clothes, hat in hand, in walks Eugene Terre’Blanche as if he is taking a stroll on his farm. Suddenly another kind of noise fills  the hall. [… many] shuffle into the already crowded gallery and benches. […] a black senator [whispers] ‘we have to see this man with our own eyes – how real he is.’ Expectation fills the  air. […] It is so quiet you can hear an alliteration drop. (1)

Krog gebruik die register van klank om op beide Terre’hyperBlanche se skisofreniese getuienis en die uitwer king daarvan op ruimte te wys: Hy praat dan “[b]arely audible” (1), dan in ’n “normal voice” (2), dan skreeu hy weer kliphard (2), dan “whispering” (2), en dan, uiteindelik, “Laat. My … soldate … huis toe  gaan … (in a crescendo) sodat die weeklag van wagtende vrou en wringende hande van kinders kan  einde kry … my klere is nat van hulle trane …” (2) 

Krog vra dat ons hom sien – hoor – as ’n meester, ’n Moses van alliterasie (lees gerus daardie laaste sin  weer, of luister na Inktrane), ’n “master of acoustics” (2). Tog, steeds ’n man met ’n verbleikte, vertoiing de kraag: “Away from the micophones, the guards. He stands alone on the carpet. And the first word  that enters the mind, despite the neatly trimmed grey beard, is: poor. The man is a poor Afrikaner. His khaki shirt is bleached, its collar threadbare.” (2) 

** 

Goed, Krog se werkswyse is teen dié tyd gemaklik-bekend, 50 jaar ná haar debuutbundel Dogter van Jefta, en met die insigwerk van Kate Highman, Jacomien van Niekerk, Louise Viljoen, Carli Coetzee, Jenniger Upton en Anthea Garman (en, tog – nog nie – Tiffany Willoughby-Herard of Liezl Dick) op my desktop. Tog vergun ek myself steeds, selfs teen die derde lees van Country of my skull, ’n oomblik van  leesgenot in die bathos, in die Draak-steek, in die lomp maar effektiewe dubbelsinnigheid van ‘poor Afrikaner’, die lae hou oor hoe die lyf soms harder praat as die stem, hoe sy speel met haar leser se  oorbekendheid met ‘stemgee aan die stemlose’-tropes, en hoe maklik Krog daardie terugswenk tussen  ‘poor Afrikaner’ en ‘master of acoustics’ bewerkstellig: “But poor as he is, he is a master of acoustics.  As if he has made a study of the hall, he drenches us with sound – every tremor, boom, reverberating  corner of that space under his command.” (2) 

Weeklagtrane word bulder-spoeg. En dit is dalk presies hier waar my ongemak met die Krog projek lê: Die gemak waarmee ek, in 2020, Country of my skull lees. 

Die probleem met die tekstuele verloop van paragraaf een tot twee tot drie is dat dit té (ge)maklik ’n ontduiking bewerkstellig: Witheid bly anoniem, naamloos, terwyl niewit kwesbaarheid benoem en be-lys word, maar die fokus dan in geheel verskuif na die pageantry en spektakel van Eugène Ney Terre’Blanche. Dit is ’n aksentskuif van die aandadigheid (ten minste struktureel) van alle wit Suid Afrikaners na ’n minueurfokus op verregse wit ekstremisme/terrorisme. 

Liggame, lywe, praat ook. En om te fokus op die ontduikingstrategie van die ‘verbleikte khaki hemp en vertoiingde kraag’ (2, my vertaling) is immer aanloklik, maar witheidsdiskoers in Suid-Afrika kan baat, self des de meer in 2020, deur weer, en dan weer, eerder ook te dink oor die aandadigheid van harige arms en wit vuiste.  

** 

Jy kan deesdae, by Old Khaki in die MooiRivier Mall ’n modieuse two-tone gholfhemp koop vir R499. Jy hoef nie eers meer khaki te kies nie; daar is tog nou klomp verskillende wit (beige, eggshell, sneeuvlok,  naaswit, bleek, room, blank, blanje, eierwit) om van te kies. 

** 

Die gemak wat witheid in enkelvoudvorm bied, is dat dit Apartheid se dralende aandadigheid vas-vergestalt in enkele – verspotte of berugte – figure. Dit word duidelik gemaak in die lees van die  res van die eerste hoofstuk: Geen ander karakter kry naastenby dieselfde grootse, kinematiese bekend stelling nie, en die res van die hoofstuk se manlike figure word bloot beliggaamde byspelers: Johan van der Merwe, eertyds polisiekommisaris, “sits collapsed in the front row. Ineengedoke. [Krog laat die  woord onvertaald] Whether it is part of a calculated strategy or simply an effect of seeing him out of  uniform for the first time, I cannot say. His colour is yellowish, he blinks his eyes constantly, his mouth nibbles at times like a geriatric and when he touches the bandages around his finger, his hand trembles.  But his case is taken up with a flourish by a rosy, confident, English-speaking advocate from Natal. […]  with […] golden rings […]” (3) 

Ook die antagonisme tussen Johnny de Lange en NP-verteenwoordiger Jacko Maree eggo in hoe Krog  hul teenstrydighede fisiek beskryf: “The solidly built chairperson with his working-class Afrikaner back ground and the skinny-looking Maree with his bow tie and delicately framed spectacle cannot stand each other. The moment Maree opens his mouth, the chair’s facial colour intensifies a shade.” (6) 

Verskeie kere verval die kommissieverhore/sittings in “orgies of alliteration” (3) en mense word “foam in-the-mouth angry” (3). Die manlike posturing en klankkakofonie van die hearings laat advokaat Chris de Jager op ’n stadium waarsku: “And if this commission becomes a witch-hunt, I want to warn you  beforehand – I’m a pathetic hunter.” (17) Manlike oop-heid/weerloosheid en eerlike orientasie t.o.v. die verlede in tandem, word geskets as skrikwekkende kwesbaarheidsregister: “It’s veteran journalist Hennie Serfontein, holding the microphone, beard and hands shaking so much I’m afraid he’s having a heart attack. He stutters and gasps […]” (15)  

Teenoor hierdie skrille performatiwiteit, stel Krog die luisterdaad: “The voices of ordinary people have entered the public discourse and shaped the passage of history. They will speak here to all who care to  listen.” (viii) 

** 

Maar daai khaki hemp was ook maar drag, stelinkleding, rekwisiet. Daar is altyd ‘n performatiewe aspek aan getuienis. Of eerder ’n somatiese aspek: daardie spesifieke ineenvervlegting van affek, tegnologie, sintuiglike en liggaam. Eugène Ney Terre’Blanche was maar een karakter in die proses van getuienis opneem, dokumenteer; sien bv. die beskrywing van die wyse waarop Krog onderskei tussen Suid-Afrikaanse en internasionale joernaliste:  

The first sign of the International Journalist [en, natuurlik, hoofletter I and hoofletter J] in your midst  is the subtle fragrance. Male or female, overseas journalists can obviously afford a perfumery that you won’t find on the shelves at Pick ’n Pay. The second sign is the equipment. Microphones like cruise mis siles […] and you have to find space next to them for your humble little SABC mike. […] And they know  something really big is happening […], they pick up the vibes – but nothing fits into their operating frameworks. ‘How can you report anything?’ A Belgian journalist struggling to keep the scepticism out  of his voice. ‘South African journalists keep on bursting into tears around me in the hall.’ (33) 

Liggaam, sintuiglike, ruimte en affek word saamgeprojekteer deur Krog, as ampers-Deleuzeaanse nouveau roman, met die land as doek: “the aim […] to seek the truth, record it, an make it known to  the public; […] In the cities and in many smaller towns, in improvised courtrooms fashioned out of  town halls and community centres and churches, the drama of Apartheid and the struggle against it  was played out.” (vii) Die somaties-kinematies aard van Krog se teks lê in die nosie van ’n ouwêreldse  bioskoop – publieke trauma, katarsis, die spektakulêre, tegelyk bio-skopie én bioskopus – ’n veld-flik kerende verbeelding in dorpsale en skoolsale en kerksale – ook in Ventersdorp – van dit wat jare lank ongesê en ongesien en ongehoor gebly het. 

** 

Terwyl ek aan die vorige afdeling skaaf, google ek hoe vêr Ventersdorp van my kampus geleë is.

**

Mary West en Helize Van Vuuren (2007:210) stel dit onomwonde dat Krog se nie-fiksie gelees kan word vir ’n kartering van toekomstige witheid. (“[…] of what post-apartheid whiteness might represent and how it might be transformed.”) Die Suid-Afrikaanse letterkunde van die 1990s is gewis baie dinge, en dit is ook ’n kartering van verskillende vertakkings van wordend-mineur; selfs al word Country of my skull gelees as die opskryf van ’n kollektiewe klankmatige “ja, ons is wel aandadig”, wys dit ook vooruit op die gevaar, wat Krog insien en indringend verwoord, dat ons ná hierdie tydperk van wording weereens bloot in mineurburgerskap (maar dié keer ook in ’n mineurtoon) sal terugval. Dat ons almal Eugène Ney Terre’Blanche moet word – natuurlik met die gretige hulp van Katie Hopkins, Donald Trump, en Peter Dutton – en desperaat voel om ons stem te laat hoor. 

Of dalk is ek hier ook skuldig aan Moss (2006) se genoemde kritiek teen Krog se werkswyse in Country of my skull: dat sy juis individuele getuienisse tot nasionale allegorieë wil omvorm. Daar is tog mineur-klanke binne die hoofmelodie. En mineurburger en minderheidsburger praat nie noodwendig saam nie. 

Voorts is mineur, wordend-mineur, mineur-wording, ‘word mineur’ nie afwisselbare konsepte-in-taal  nie. In die konteks van ’n ander skrywer van die 1990s wys ek en Chantelle Gray (2019:20) hoe hierdie  verskillende nosies saamgeknoop én losgewikkel word juis deur hoe ons dink (en gedink het; en gaan moet dink) oor Afrikaans as taal. 

En dan, ewe belangrik vir die konteks hier, moet ons daarop let dat Country of my skull in Engels verskyn  het. Dit is in die manier waarop ’n skrywer – hier Krog – gesitueer word binne die postnasionalistiese, of postnasionele-, of dalk eerder post-nasionalisme-, of dalk selfs post-nasionaliteitsburgerskap, wat die  verskil tussen Afrikaans-as-mineurtaal en Afrikaans-as-taal van mineurwordende Afrikaners duideliker na vore laat kom. 

Dit is in ieder geval hoe ek Eugène Ney Terre’Blanche-in-Krog lees, as posterboy, pin-up. 

Tog: Daar is gereeld manne in full militia-lite cammo-drag wat vroegoggend kom koffie koop by die KFC op die hoek van Retief en Govan Mbeki. Vanoggend staan daar vier agter my in die tou, stil en  reg vir die dag. Die kassier kyk na my, in my pers NWU-hoodie (ja, met die kraag wat begin toiing) en skeefgeskeerde mohawk, dan na die stil, groen peloton agter my, en wonder of sy moet vra of ons saam gaan bestel. Ek dink aan RuPaul, oor hoe oënskynlik maklik drag invisible kan word. Hoe maklik dit sou wees om my bestelling te los, oor te stap MooiRivier Mall toe, en R499 te spandeer. Ek stap uit in die koue lug, met hoendervleis.

 

 

Verwysings

Gray, C. & Strydom, W. 2019. Intro: Koos Prinsloo: A Tribute. JLS, 35(1):19-24.

Krog, A. 1998. Country of my skull. Johannesburg: Random House. 

Moss, L. 2006. “Nice Audible Crying”: Editions, Testimonies, and Country of My SkullResearch in African Literatures, 37(4):85-104. 

West, M. & Van Vuuren, H. 2007. The universal sanctity of whiteness: Antjie Krog’s negotiation of black responses to white transformation in a change of tongue. Current Writing: Text and Reception in Southern Africa, 19(2):210-230. DOI: 10.1080/1013929X.2007.9678281

 

 

Hoe om hierna te verwys:  Strydom, W. 2019. Die mineurburger en sy imposante stem, maar ook sy verbleikte kraag. Stilet, 30(3):161-167.

© 2019. Die outeur. 

Om die pdf-weergawe van hierdie herbesoek af te laai, klik gerus hier.