sonja loots

Sonja Loots is ‘n senior dosent in die Skool vir Tale aan die Universiteit van Kaapstad, waar sy as seksiehoof dien en op voorgraadse en nagraadse vlak doseer. Sy is medesamesteller van Die Nuwe Afrikaanse Prosaboek (Human & Rousseau, 2019). Sy skryf ‘n gereelde rubriek oor kuns- en kultuursake vir die Sondagblad Rapport en publiseer resensies oor nuwe Afrikaanse publikasies. In 2020 het sy die kortlys gehaal vir die kykNET-Rapportprys vir Boekjoernalis van die Jaar in die nie-fiksiekategorie. Sy dien in die beoordelaarspanele van die W.A. Hofmeyerprys en die Universiteit van Johannesburg-letterkundeprys. Sy behaal in 2016 ‘n PhD aan die Universiteit van Stellenbosch oor ensiklopediese fiksie in die prosa-oeuvre van Marlene van Niekerk. Sy is die sekretaresse van die Suider-Afrikaanse Vereniging vir Neerlandistiek, voorsitter van die Kaaps Forum voor Neerlandistiek en dien op die bestuur van die Van Ewijck Stigting.