Let wel: Covid-19 en die globale ingrendeling het ‘n definitewe uitwerking gehad op stilet.digital se publikasieskedule vir 2020 tot 2022. Een effek daarvan is dat alle Augustus – Desember 2020 sperdatums geskuif word na 2021. Kontak gerus die betrokke gasredakteur vir meer inligting.
Van 2021 word vier stilet.digital uitgawes per jaar, elk met ‘n eie fokus en/of doel, in die vooruitsig gestel. ’n Stelsel van uitgaweredakteurskappare op uitnodiging van die eindredaksie word gevolg, om sodoende ’n meer inklusiewe forum aan uiteenlopende standpunte en diverse benaderingswyses te bied. Uitgaweredakteurs, tesame met die eindredaksie, is verantwoordelik vir die keuringsproses volgens die voorgeskrewe prosedure.
Bydraes vir die volgende uitgawes word ingewag:
- Fliek! Filmaanpassings & die Afrikaanse letterkunde (Prof. Adéle Nel & Rickus Stroh, uitgaweredakteurs)
- Queer teorie en (Suider-)Afrikaanse narratiewe tekste (Wemar Strydom, uitgaweredakteur)
- Oordeel, estetika, en die politiese (Siseko H Kumalo & Dr Isolde de Villiers, uitgaweredakteurs)
- Hyg! Liefdesromans in die Afrikaanse literêre sisteem & Die lewe en werk van Cecilia Britz (Dr. Martina Vitackova & Dr Ilse de Korte, uitgaweredakteurs)
- Deon Meyer (Dr Neil van Heerden & Jonathan Amid, uitgaweredakteurs)
- A Sociolinguistics of Afrikaans: history, issues and future trajectories (Prof Quentin Williams, Dr Marcelyn Oostendorp & Dr Johanita Kirsten, uitgaweredakteurs)
Let wel: Vir volume 34, uitgawe 4, word voornemende uitgaweredakteurspare uitgenooi om uitgawevoorleggings, wat bepaalde literêr-beskoulike, tematiese of ander velde en invalshoeke betreffende (aspekte van, en rakende) die Afrikaanse letterkunde of literêre veld dek, aan die einderedaksie voor te lê.