Remona Voges

Remona is in Kaapstad gebore en getoë, en studeer aan die Universiteit Stellenbosch, waar sy die volgende grade behaal: B.A. (Musiek), B.A. (Hons.) in Afrikaans & Nederlands en ’n M.A. in Afrikaanse letterkunde. Sy het gedurende die eerste semester van 2015 die buitelandse komponent van haar meestersgraad aan die Universiteit van Leiden in Nederland voltooi en in 2016 haar verhandeling met lof in Suid-Afrika afgehandel. Die titel daarvan is: “Die hantering van die begrip interverbondenheid in Antjie Krog se bundel Mede-wete (2014).” Sy het hiervoor die Marius Jooste-prys vir die Beste Meesterstudent van 2016 ontvang.

Remona het haar debuut as digter in Nuwe Stemme 6 (2017) gemaak en lees gereeld voor by literêre en kunstefeeste. Sy is tans by Protea Boekhuis werksaam en is die ondervoorsitter van die aanlyn forum Samespraak.

/

Remona was born and raised in Cape Town. At Stellenbosch University she obtained the following degrees: BA (Music), BA (Hons.) in Afrikaans & Nederlands and an MA in Afrikaans literature. She completed part of her master’s degree at the University of Leiden University in the Netherlands and was awarded her degree in 2016 with distinction; the study investigates the concept of interconnectedness or ‘interconncectedeness-towards-wholeness’ and the functioning thereof in Antjie Krog’s poetry volume Mede-wete (2014). She was awarded the Marius Jooste Prize for Best Master’s Student of 2016. Remona made her debut as poet in Nuwe Stemme 6 (2017) and often performs at literary and arts festivals. She works at Protea Boekhuis and is the vice-chairperson of the online forum Samespraak.