Karien Brits

Karien Brits het ’n meestersgraad in Setswana (cum laude) van die Noordwes-Universiteit. Sy verhuis in 2006 na Pole waar sy ’n senior lektor is aan die Departement van Nederlandse en Suid-Afrikaanse Studies by die Adam Mickiewicz-Universiteit (AMU) in Poznan. In 2010 keer sy terug na Suid-Afrika en werk as taalpraktisyn by die Taaldirektoraat van die Noordwes-Universiteit. Sedert Augustus 2013 is sy bestuurder: taal by die ATKV. Sy is ook deeltydse lektor by die Universiteit van Johannesburg se Departement Tale, Kultuurstudie en Toegepaste Linguistiek waar sy Language in Practice (honneursklasse) gee.