Frederick J. Botha

Frederick J. Botha behaal in 2020 sy doktorsgraad in Afrikaans & Nederlands aan die Noordwes-Universiteit met ’n proefskrif oor Afrikaneridentiteit in post-94 prosatekste. Hy was al Afrikaansonderwyser, joernalis, en letterkundedosent aan die Universiteit van Johannesburg, en deeltyds aan die Universiteit van Wes-Kaapland. Sedert einde 2015 is hy een van die draaiboekskrywers van die kykNET-sepie Getroud met Rugby. Hy woon in Kaapstad en is tans ingeskryf vir sy meestersgraad in Kreatiewe Skryfkunde aan die Universiteit Stellenbosch.

//

English: Frederick J. Botha completed his PhD in Afrikaans & Dutch at the North-West University in 2020 with a dissertation on Afrikaner identity in post-94 prose texts. He has been a school teacher of Afrikaans, journalist, and lecturer of literature at the University of Johannesburg, as well as part-time at the University of Western Cape. Since the end of 2015 he has been one of the screenwriters of the kykNET soap Getroud met Rugby. He lives in Cape Town and is currently enrolled in a master’s program in Creative Writing at Stellenbosch University.