Carel van Rooyen

Carel van Rooyen, oorspronklik van Kakamas in die Noord-Kaap, gradueer in 2014 aan die Universiteit Stellenbosch met ‘n BA-graad in Taal en Kultuur. Hy doen sy honneursgraad in Afrikaans en Nederlands in 2016, en voltooi sy hoofnavorsingswerkstuk hiervoor oor mag, moraliteit en identiteit in Mens Dier Ding (2013) deur Alfred Schaffer aan die hand van post- en metamodernisme, onder leiding van professor Marlene van Niekerk. Na ‘n diploma in dokumentontwerp werk hy by ‘n maatskappy in die opleidingsindustrie. Hy hou van musiek, draf, tuinmaak, bak en lees, veral die werke van Eleanor Baker.