małgorzata drwal

Małgorzata Drwal verkry haar graad in Engels en Nederlandse Studies en in 2014 verdedig sy haar PhD en begin by AMU in Poznań werk, eers as senior lektor en sedert 2016 as assistent-professor. Op die oomblik bied sy kursusse oor Nederlandse kultuur en letterkunde pro-seminare oor geselekteerde aspekte van Suid-Afrikaanse studies aan. Haar huidige navorsing belangstellings sluit kulturele mobiliteit, werkersklas literatuur en witheid-studies in. Sy besoek gereeld Suid-Afrika om argiefnavorsing te doen en om aan konferensies deel te neem. In Januarie / Februarie 2020 het sy as deel van ‘n Erasmus-uitruil program gaslesings by die Universiteit van Pretoria en UNISA aangebied. Op die oomblik neem sy ook deel aan ñ internasionale projek oor werkersklasse-letterkundes en dra by tot die versameling Working-Class Literature(s): Historical and International Perspectives. Volume 2, Universiteit van Stockholm.