Glo’riah

‘n Uittreksel uit Nancy, Shiela & Gayle deur Keanen Engel

 

“Die ramp, Glo’riah, die ramp” mompel sy met haarself. Glo’riah maak haar keel skoon en sak tot op haar hurke. “Dis jou playing field” sê sy byna onhoorbaar. “Stoot vir punte, meire, stoot net vir punte”. Sy haal diep asem. “Die audience” sê sy soos sy haar asem laat gaan met haar oë steeds toe. “Calla vir die audience”, haar ooglede wapper stadig en swaar oop terwyl haar arms skielik met ‘n soektog in die beknopte aantrekkamertjie begin. Eers vind dit ‘n pruik met goue maanhare en dan ‘n rol duct tape. “Fok nee, Glo’riah” sê sy gespanne “get it together bitch” fluister sy geïrriteerd. “Kyk waar lê daai meit” met hande-vier-voet gryp sy na ‘n silwerhakskoen wat sy dan vinnig aan haar linkervoet forseer. Sy soek nou na die ander skoen maar die pruikhare wat gedurig in haar oë beland maak dinge veel erger. “Is my silwer hakkie daar by julle” skree Glo’riah na die aantrekkamer langsaan. Die stemme langsaan antwoord nie. Sy hoor net “help gou hier, gee gou pad en dankie my skat”. Sy soek voort. “Moffies” skree sy weer, “Is my silwer tiekie-hakkie daar?” ‘n Stem antwoord, “Nancy, mable, jy het dit saam met jou ingevat”. Sy sug en stap oor tot by die wasbakkie waar ‘n sak staan. Haar hande gaan versigtig maar direk na die kraan terwyl sy haar gesig netjies in die spieël posisioneer “Die tewens wil jou saboteer – vanaand moet jy vrek maak, come hell or high water” sê sy vir die vrou in die spieël “jy moet daai ramp own soes die vastness van die ocean, meisie”. Sy glimlag vir haarself en soen die refleksie in die spieël voor haar. Sy tree terug en neem ‘n vinger om ‘n hartjie te teken uit die oorblywende lipstiffie op die spieël “Wanneer Glo’riah appear is daai hele fokken oseaan har’ne” Sy gryp twee kouse gevul met rys en stop dit in haar bra. “Gloria gaan vir elke movement, gesture en pose. Glo’riah is soes ‘n tornado with the elegance of a twirling ballerina – a force to be reckoned with.” Sy begin weer soek na die ander skoen en besluit om maar nog ‘n lagie lipstiffie op haar lippe te smeer – daarna gryp sy ‘n papier nader en begin daarvandaan lees:  “Your runway performance should be in perfect unison with the audiences’ jubilant cheer. That’s why timing is very important” Sy neem haar oë van die blad en gluur vir ‘n oomblik in die spieël. “Ja Google, jy is stunning, gertie. ‘n Queen neem altyd haar tyd.” Sy lees verder en bal haar vuis om ‘n mikrofoon voor te stel:  “The audiences’ applause should elevate you like a gigantic wave breaking out in sheer perfection. It must be flawless, graceful and done with absolute eloquence – all within the reach of womanhood. Mamma gie vi die kinders wat hulle nie by die huis kry nie: beauty, radiance, fish and divinity.” Sy begin onbewustelik harder praat “Nkosi Sikelel’ iAfrika. Ek is ‘n saak van geloof” Sy is duidelik in haar noppies en gee vir haarself ‘n handekloppie. “Stunning, Mamma”

“Watse shiel gayle die oula gertie hier langsaan” skree ‘n stem vanuit die ander aantrek-kamer. “Is jy al klaar, Mamma, Question en Answer is oor 5 minutes, maak clarins” skree ‘n ander stem. Glo’riah het deurgedring na die finale rondte van die queer beauty pageant. Glo’riah kan hul hoor, sy wil-wil reageer maar is vasgevang deur die beeld wat in die spieël reflekteer. “Glo’riah Di-yana Salvodore O’Conner Beckham” slaan iemand teen die deur van ons aantrekkamer. Sy skrik en besef een van haar wimpers wil afkom. “Standby contestants” skree die persoon in die gang af. “Nancy, nancy, nancy”, keer sy die wimper voor dit in haar oog val. Sy begin weer asem haal “Ladies and Gentleman, your Queen, Glo’riah…” begin sy met haar rympie wat sy voor elke pageant op sê as ‘n goodluck charm. Sy weet goodluck charms werk nie vir drag queens wat aan pageants deelneem nie – veral nie vir ‘n ou queen met ‘n stywe lyf wie se skoen missing in action is nie. “Miskien is my Prins êrens daarbuite opsoek na my” lag sy sag soos sy na gom in haar sak soek. “Ek wens ek kon ‘n fokken crown sommer op my kop glue” praat sy in die sak gevul met grimering, sleutels, kondome en sigarette. Sy sug. “Die audience is weer vol van die bottoms. Shame, arme Connie Ferguson altyd getrou”. Ek wil uitbars van die lag. Sy bring haar kop op, skuif haar pruik reg. “Ja, Glo’riah, don’t worry ou girl, die Prins met die glass slipper sal Cinderella nou-nou vind. Ons hoop net jou Prins is nie op Grindr nie.  Masc Tops en Wifi is ewe unrealiable” sê Glo’riah soos sy met twee vingers oor haar tande vryf om die pienk vlekke van die lipstiffie af te kry. “Mense is fokken unrealiable with the exception of a few people”. Haar postuur verander geleidelik. “Mense soos my niggie” Sy glimlag en steek haar hand diep in die handsak. “Ons het die koppe laat swaai – ek en daai niggie van my.” Glo’riah se oë glinster, die klank van haar stem word soeter en skielik begin sy giggel. “Jirre, ons het altyd mooitjies ons roetes vir die naweek uitgewerk maar ‘n beplande ding werk mos nancy. My niggie het ‘n vast beulah maar oula bag daai tyd gehad”. Dit is asof die herinnering ‘n bitter smaak in haar mond laat. Skielik spoeg sy franties in die wasbak en haal dan versigtig ‘n haar uit haar mondhoek. Sy hyg maar die herinnering kleef aan haar tong. “Die mense het beginne praat van my niggie en die getroude man van haar. Die mense het lelike goete begin sê. Toe hulle nou sien dat my niggie ashes is van hul shiel, toe target hulle my”. Glo’riah plaas haar gewig op die wasbak en staar in die klein wit wasbakkie wat water druppels slurp. “Toe begin die name calling. Moffie. Wyfie. Tietie. Kyk die Bunny. Jy’s ‘n man. Gedra vir jou soes een”. Dit is asof Glo’riah haar verlede in die spieël sien af speel. “Daai lelike swart moffie met die puisies in die gesig operate mos so saam met haar”.  Glo’riah skrik vir die woorde wat uit haar mond stroom. Ek ook. Sy kyk rond en sien my amper agter die deur. Glo’riah tilt haar kop agtertoe, staar dan na die plafon, soos ‘n kind wat ‘n storie vertel. “Eendag toe’s ek alleen by die lodge. Ek gaan haal my niggie se matriekgown netjies uit die kas. Ek dink jy is te beaula vir oopgaar, sussie. There I was”, onthou sy soos sy haar lyf swaai nes ‘n prinses in ‘n fee verhaal.

“Eerste keer in ‘n gown voor die spieël.  “My hannelies”, sy draai die kraan oop en laat die water oor haar hande loop. “My ornethias”, sy vryf haar ore. My “chinderella”, sy plaas albei hande onder haar ken. My “nella”, sy ruik in die lug. “My cheek bonies”, druk sy sag op haar wangbene. “My monica”, sy soen die spieël. Sy beweeg dan haar hande oor haar liggaamsdele. Eers haar nek en sê “my nectarine” dan haar borskas en sê “chasticy”. Ek wou lag toe sy haar maag “maggie” noem. Haar bene noem sy “beneline’s” en haar knieë beskryf sy as “nelnecias”. Terwyl sy na haar hande staar neem sy haar sy arms in die lug en met verligtig sê sy “armenias”.

Glo’riah se silhoeët wat dreigend in die aantrekkamertjie rond dryf, bring my weer na die realiteit. Die skarlaken rooi van haar uitspattige vere rok laat dink my aan ‘n onderwêreldse disko duiwel wat vlerke in haar opgefopde heupe broei. Sy soek weer na die skoen, dié keer moeër en byna verpletterd. Terwyl ek nog van die moeilike Gayle-woorde probeer sin maak draai sy die kraan toe en sê: “Shiela”. Ek wou uit die toilet storm om haar te omhels want sy is nie lelik nie – queens is nie lelik nie! Maar ek staan met haar verlore skoen in hand of my “hannelie” en ek is g’n fokken Prins. Haar hande skiet met ‘n spoed na haar handsak toe sy besef dat die make-up gesmudge het. Seker van die trane of die water op haar hande, en dit is enkele minute voor die finale segment van die kompetisie. Ek het nie die finale rondte gemaak nie. Ek fokken haat myself dat ek nie vroeër uit die toilet gekom het nie.  Ek is bang sy “dina” my, sommer met einste silwerhakskoen waarmee ek staan.

“Top 5, get ready please, ladies!” skree die pageant co-ordinator. My hart sit in my keel. Glo’riah is ‘n fierce bitch en wat as sy my beskuldig van sabotasie?  “Miss Glo’riah” sê ek amper in falsetto. Ek kom uit die toilet wat buitewerking is, en waar ek heelaand al my wonde gesit en kou het en ironicially na Glo’riah sin moes luister, “Your shoe”. Sy is onkant gevang. Ek weet hoeveel die pageants vir ons beteken. In pageants streef ons na perfection with a good dose of vulnerability. Glo’riah se terugflits was onverwags en glad nie vir my ore bedoel nie. Ek voel sleg dat ek ge-eavesdrop het. “Ek is Contestant number 1” sê ek verleë. “Sorry, ek het nie actually gehoor nie” lieg ek. Sy kyk na my soos niemand nog ooit na my gekyk het. Die mens agter die masker begin deur skemer – die manlikheid wat met vroulikheid versmoor word: breed, lank en bietjie oud met ‘n donker Afrika-vel. Sy lyk kwesbaar maar steeds koninklik

Sy neem haar skoen, forseer dit vererglik in haar voet en sê: “What is a queen without an audience, baby”. Sy lag, maar ek is te bang om saam te lag. Netnou trap sy my met haar groot pote. Ek voel jammer vir haar voete wat in daai skoene moet loop. Ek voel jammer vir Glo’riah wat deur hierdie lewe moes loop. Glo’riah sweef soos ‘n engel met ‘n Diana Ross pruik uit die vertrek en ek skree “Good luck, Miss G.” Sy skree terug: “Keep if for yourself, Miss Constentant number 1, you need it more than I do”. Ek wou eintlik vir haar skree: “Die ramp, meisie, die ramp” want good luck charms werk nie vir ons queens wat ons pyn met pruike en performances moet verbloem nie.