Een Taal vir
Lynthia Julius
Ek staan in Niemandsland
te patrioties om weg te stap
die taal van my ma een kant gaan beveg
try bom, gekwes
die een van akademiese boeke gaan voor veg
nog ’n bietjie Kaaps hier
nog ’n bietjie Noord-Kaaps hier
nog ’n bietjie herinner dis ’n variant,
nie standaard nie
nog ’n bietjie
‘Waar het jy so mooi Afrikaans leer praat?’
My mense se tong soos ’n vuil kombers opgepak
weg loop steek
aanvaar dis kitsch
die mond van ’n haai
platvloers
gemeet en meet teen ’n Standaard
wat ek nie in geslaag het nie
begin woorde gebruik
wat ek nie met die pram ingegee het nie
ek bly in Niemandsland
verwaarloos in my brein spoel van variant
my mense sê my tong
is ’n draadsitter